1
00:00:13,100 --> 00:00:16,600
ESO se Paranal Observatorium sal gasheer wees en
die suidelike reeks

2
00:00:16,600 --> 00:00:21,000
van die wêreld se grootste en mees sensitiewe reeks gamma-straalteleskope bedryf.

3
00:00:21,000 --> 00:00:25,500
99 teleskope van die suidelike
Cherenkov Teleskoop Reeks (CTA) sal gebou word

4
00:00:25,500 --> 00:00:31,500
deur die CTA - Observatorium in die
ongerepte waarnemings toestande van die Chileense Atacama-woestyn.

5
00:00:32,500 --> 00:00:41,500
Nog 19 teleskope sal op die eiland La Palma op die Kanariese Eilande wees.

6
00:00:41,500 --> 00:00:49,500
Gammastrale word uitgestraal deur die warmste 
en kragtigste voorwerpe in die heelal.

7
00:00:51,840 --> 00:00:57,800
Wanneer gammastrale die atmosfeer tref,
produseer hul flitse van onheilspellende blou lig ...

8
00:00:57,840 --> 00:01:06,400
... wat deur die CTA se spieëls en hoëspoedkameras vasgevang sal word.

9
00:01:08,460 --> 00:01:16,400
CTA sal probeer om die mees
raaiselagtige,  astronomiese geheimenisse
te verstaan  ...

10
00:01:16,400 --> 00:01:23,000
... super massiewe swart gate, supernova,
en selfs donker materie self.

11
00:01:27,500 --> 00:01:33,600
Geproduseer deur ESO, die Europese Suidelike Observatorium. Bereik nuwe hoogtes in Sterrekunde. Vertaal deur Leon Steyn

